Storie Minute/Story Minutes

R650.00

Storie Minute CD 1 – 6

Luister en Leesoefeninge

Storie Minute is ‘n pakket met 60 Kort Stories – elk met 3 stelle vragies. Die stories is op CD opgeneem om luistervaardighede te verbeter, en ook as teks beskikbaar in ‘n A4 boek om leesvaardighede by ouer kinders te verbeter. Hierdie stories is ‘n ontspanne, genotvolle manier om jou kind se konsentrasie te verbeter – sonder dat hy dit agterkom! Die 60 stories sluit aan by verskillende temas wat deel is van die huidige skoolleerplan vir grondslagfase leerders:

My liggaam, Gesonde leefstyl, Siektes, Emosies, My gesin, My gemeenskap, Kulture en godsdienste, Waardes, Verhoudings, Regte en verantwoordelikhede, Diere, en Entrepreneurskap

Ook in engels beskikbaar as Story Minutes

Description

Die 60 kort stories in die Storie Minute reeks is opgeneem deur vyf verskillende akteurs. Die verskeidenheid stemme (sommige akteurs lees vinniger of minder duidelik as ander, ens.) dra by daartoe om kinders se luistervaardighede te slyp. Hulle leer om met begrip te luister na verskillende stemme. Elke storie is ongeveer 2 min lank, en het 3 stelle vragies – basiese vlak vragies (direkte, enkel antwoorde), intermediêre vlak vragies (veelvoude antwoorde) en gevorderde vlak vragies (interpretasies en insig antwoorde).

Additional information

Age

Brand

Anna Emm

Language

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Storie Minute/Story Minutes”
Product categories