Wouter en die eienaardige eilandavontuur

R155.00

Wouter se ma en pa is dapper verkenners wat die wêreld met hulle woon-waar-jy-wil-wa verken. Danksy hulle is die Verlore Stad van Novasynouw nie meer verlore nie; en die Raaisel van die Skorriemorrie-moerasse is opgelos. Daar is nie meer ’n enkele onontdekte kolletjie op die kaart oor nie. Daarom besluit hulle om in hul ietwat afgeleefde ou huis naby die dorpie Krewelfontein te gaan bly, waar hulle voortaan rustig gaan woon. Wat hulle egter nie weet nie, is dat die grootste avontuur van almal hier op hulle wag… Kort voor lank verdwyn Wouter se ma en pa spoorloos. Saam met sy nuwe vriende – ’n knorpot-albatros, ’n bysiende meermin en ’n vriendelike eiland genaamd Frans – vertrek Wouter om na sy verlore ouers te soek. Maar voor hy kan probeer om sy ouers te red, moet hy eers met ’n spul gemene groen seeapies afreken .. .Hierdie wonderlike aweregse avontuurverhaal vol spitsvondige humor en fantastiese illustrasies is hope pret!

Out of stock

Category

Additional information

Age

Brand

Lapa Uitgewers

Language

Pages

152

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wouter en die eienaardige eilandavontuur”
Product categories