Sanri Steyn 5: Die monsters van middernagstraat

R125.00

Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.

Sanri se neus begin kriewel toe ’n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, beteken dit net een ding – sy ruik ’n storie!

Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Müller se oulike skoothondjies ’n oomblik lank in ’n monster verander …

’n Nare monster met bloedrooi oë, ’n bek vol vreesaanjaende tande, en vreemde stekels op sy rug en nek.

Markus is oortuig Sanri se verbeelding werk weer oortyd. Maar dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn …

Out of stock

Category

Additional information

Age

Brand

Lapa Uitgewers

Language

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sanri Steyn 5: Die monsters van middernagstraat”
Product categories