Oseaan

R165.00

Kom duik saam in die dieptes en ontdek die geheime van ’n betowerende onderwater-wêreld. Vind uit watter fantastiese seediere in ’n koraalrif woon, trotseer die ysige waters van die poolstreke saam met ysbere en pikkewyne, en kom van aangesig tot aangesig met vreesaanjaende haaie.

Jy sal verstom wees om te sien watter indrukwekkende verskeidenheid diere en plante in ons wêreld se oseane woon – van piepklein plankton tot die reusagtigste dier wat ooit op ons planeet geleef het, die blouwalvis.

Hierdie boek is propvol fassinerende, maklik verstaanbare feite en treffende foto’s wat die wonderwêreld van ons oseane vir jong lesers toeganklik maak. Dit is die ideale hulpmiddel vir skoolprojekte, en lesers word betrek deur middel van interaktiewe aktiwiteite soos Waar-of-vals-speletjies en ’n fotovasvra.

Category

Additional information

Age

Brand

Lapa Uitgewers

Language

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Oseaan”
Product categories