My hart is vol graffiti

R155.00

Lara het die perfekte ou. Michael bring gereeld vir haar blomme skool toe. Sy glimlag sal enige tandarts laat straal van trots. En almal voorspel hy gaan oor twee jaar hoofseun wees. Die enigste meisie in die skool wat nie van hom hou nie, is haar beste vriendin, Vanessa. Maar dan moet Lara en Vanessa ’n artikel vir ’n tienertydskrif skryf. Die onderwerp is: Graffiti: kuns of krimineel? En hulle paaie kruis met dié van ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n opwindende, geheimsinnige skemerwêreld bekend stel. Skielik is Lara in twee geskeur. Aan die een kant is daar Lara-wat-nooit-die-skoolreëls-oortree nie-en-altyd-’n-A-kry. En aan die ander kant is daar Lara-wat-net-een-keer-wil-voel-hoe-dit-voel-om-op-’n-skateboard-te-ry-of-skelmpies-’n-gebou-met-spuitverf-te-bespuit…

Category

Additional information

Age

Author

Brand

Lapa Uitgewers

Language

Pages

116

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “My hart is vol graffiti”
Product categories